Oupa se plaas is ‘n natuurliefhebbers paradys! Bring jou familie en kom ontspan in hierdie stukkie ongerepte natuur met sy asemrowende kloof, swemgate en wild.

 

Kom kamp in die bosveld en herlaai jou batterye met die romantiese sonsondergange, helder sterreruim en naggeluide soos mens dit net in die bosveld kan beleef.

Daar is iets vir elkeen om te doen.  Swem, stap, fietsry, braai, piekniek…jy kan self besluit hoe lui jy wil wees!

Ons adverteer die plaas aan ons Facebook vriende – tree asseblief met ons op Facebook in verbinding.